Die tweede helfte van my lewe


gATSBY

Die jaar wat ek vyftig word het aangebreek. Ek het gedog dit sou baie erger voel. Snaaks genoeg, dit was ‘n berusting. I’ve arrived. Die tweede helfte van my lewe het begin (dis in elk geval hoe ek dit bepaal, aangesien my ouma mos ses-en-negentig is voor sy dood is!)
Met ‘n gevoel van rustigheid maar tog ‘n bietjie senuweeagtigheid gaan ek my nuwe lewensjaar tegemoed..

My kind se vir my..’Mamma, ek dog mamma het ophou rook?’ Ek kry lag vir myself toe ek antwoord met woorde wat geignoreer word..’Ja, Mamma HET ophou rook maar mamma het weer begin!’ (Skerp, dink ek. Ek het mos vanoggend opgehou tot vanmiddag toe!).. Maar ‘n stemmetjie se vir my… Dis nie rerig snaaks nie Annien.
Waat GAAN jy nou maak met die tweede helfte van jou lewe?! My inner stemmetjie se weer vir my: STADIG nou..Vat dit tog net STAADIG. Daar’s nog BAAIE tyd…..Rome is nie in ‘n dag gebou nie..Of soos ek al baie gehoor het. Baby steps! My gunsteling beeld aan die kinders: ‘Onthou..’n woestyn het honderde jare geneem om vol sandkorreltjies te loop’..Of soos die dokter in die hospitaal by my bed gese het ( en die mense van Alcolholics Anonymous glo..)

‘EEN DAG OP ‘N SLAG’!!

DIT is wat in elk geval vir MY werk. My dag begin nie vroegoggend nie. Dit begin enige tyd in die dag. Ek kyk op die horlosie en van daar af neem ek die tyd 24uur vorentoe. Se dis 11 uur, dan het ek 11uur more oggend al een dag klaar gerook. Wilskrag gehad vir 24 uur. Die rook monstertjie 24 uur doodgekry..en as ek hom langer kan versmoor, gaan ek aan..tot hy uiteindelik heeltemaal dood is (volgens Allen Carr van ‘How to stop Smoking’).

Maar meer oor hierdie onderwerp ‘n volgende keer. Dit is snaaks genoeg nie vandag my prioriteit nie!

Ek het per ongeluk ons huis aan die buurman gaan staan en verkoop. En toe sit ons sonder heenkome. Ek het gedog almal anders se huise is beter en het na die perfekte huis begin soek. Maar nadat ek na meer as 60 huise gaan kyk het..sonder sukses! Dit het my end-uit laat wonder of ek ooit die regte keuse gemaak het. Maar die Here het besluit, en ons is besig om te trek!..

Intussen, ONTRUIM ek nog..om te sien of dit RERIG soos hulle se..jou ‘gelukkiger’ maak..Keep you posted..!!

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

2 thoughts on “Die tweede helfte van my lewe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: