EK BEGIN ONTRUIM


Blog prent 2

EMOSIONELE ROMMEL het my gekeer om die inspirasie te vind om MY EIE BLOG OOR ONTRUIMING te skryf. Soos wat ek die afgelope paar dae self my huis verder begin ontruim het, het hierdie idees skielik geheimsinnig hulle verskyning gemaak.

Daar was tien kartonbokse in my garage wat ek vir jare nie by ‘kon’ uitkom nie. ‘n Soort-van emosionele verbintenis met die inhoud het gekeer dat ek hierdie houers uitsorteer. Sedert twee-en-‘n-half jaar gelede wat ek die motor ongeluk beleef het, het my werk as skoonheidsterapeut tot ‘n einde gekom. Meeste van hierdie bokse is vol herinneringe aan my skoonheids beroep van die twintig jaar tevore. Papiere op gekrabbel waar begrotings uitgewerk of die oprigting van salonne beplan is…Ander notas het rofweg-geskrewe gedagtes op – soms negatiewe frustrasies, wat ek vir jare op papier verwoord het (en wat ek vermoed tot my huidige vermoe of belangstelling in skryf bygedra het). Ou memoires. Al hierdie rommel moet ek nou summier en harteloos van ontslae raak. Ek vind egter daar is nog heelwat van hierdie notas wat gelos word vir ‘n moontlike “te-moeilik-om-te-hanteer” houer. Ai die emosionele houvas wat rommel op ‘n mens het. Ek vermy die mense wat met ‘n rommelvrye gemoed deur die lewe kan gaan! Wat dit erger maak is dat ek hierdie laaste bokse nou in die hoofvertrek van die huis geplaas het, in die desperate poging om hulle in die gesig te staar, hopende dat hulle my so sal pla dat ek hulle moet bydam! Die probleem is dat dit ook my kinders betrokke maak, en as jy nie so gou moontlik van dit ontslae raak nie dit boonop ons koppe vol rommel stop – so tussendeur ons pogings om huiswerk en skoolprojekte gedoen te kry! Soos wat ek hier rusteloos sit en skryf, wil-wil ek net nie fokus nie en liewer opspring om iets te gaan klaarmaak wat le en wag. Al die papiere. Elke papiertjie wat al my konsentrasie verg. “Waar KOM hy?!” 

Ek het gevind ontruiming verg definitief beplanning vooraf. ‘n Mens moet kartonbokse begin bymekaarmaak (die wat kan toemaak), of plastiek bokse koop, sowel as talle kleiner houers of boksies – en dan op elke een ‘n etiket plak wat aandui presies wat daarin moet kom.

As jy egter begin met die uitsortering van jou talle goed, sal jy vind dat dit allesbehalwe ‘n eenvoudige taak is. Sorg maar dat jy alleen is want jy sal gou-gou jouself vind omring met hopies papiere, hoewel dit seker beter is as om jouself toe te pak onder die bokse, want gou-gou kom jy agter dat daar baie meer hopies is as wat daar bokse is!

Elke huishouding het sy eie hopies. Hier is (‘n paar!) van myne, waarvan sommige uiteindelik, as daar meer tyd beskikbaar is, in leers of albums geplaas sal word.

“Dokumente” 

“Allerlei”

“Memoires”

“Kinders se Memoires”

“Kinders se skool rapporte, foto’s, ens.”

“Telefoon nommers”

“Kinders se kunswerke”

“Seun se ‘army’ tekeninge” (Daar was al so baie – daarom in sy eie boks)

“Speelgoed by skool gemaak uit papier, ens.

“Kuns materiaal”

“Skryfbehoeftes”

“Foto’s”

“Hardeware”

“Speelgoed” (‘Bokse vir medium of groot speelgoed’, ‘Al die klein goedjies’ sowel as verskillende houers vir byvoorbeeld Karretjies, ‘Army’goed, Barbie goed, ‘Fighting gear’, Lego, Sagte speelgoed, Strandgoed, Speletjies) 

“Waardevolle inligting of leesstof en godsdiens”

“Boeke nie op die boekrak of wat nie tans lees of nie nou van toepassing maar wat wil bere”(soos romantiese verhoudingsboeke!)

“Tydskrif artikels” (nog te liaseer)

“Skryfboeke vol gekrabbel” (later uit te sorteer)

“Ou skoolboeke, Ouboet se ou skoolwerk wat steeds benut kan word vir sus”

“Stokperdjies”

“Geldsake en rekeninge”

“Winkel en ander kwitansies”

“Sertifikate en CV”

“Ou skoolbriewe”

“Dieete” (Ja, dit het ook ‘n eie houer!)

Interieur (‘n Spesiale stokpertjie)

Ekstra ornamente nie nou benut

Musiek boeke/liedjies

Moontlike geskenke

“Materiaal vir skoolprojekte”

En dan die spesiale bokse wat nog nie mooi erens inpas nie vir: “Huidige Skoonheid/Gesondheid/Emosionele Gesondheid/Klere/Produk brosjures/My gunsteling produkte/Kursus inligting/Skoonheids beroep memoirs”- (Nog te katagoriseer) 

En die kartonbokse waarvan ek uiteindelik afstand sal moet doen: “Eie gedagtes of persoonlike aantekeninge”,  “Skoonheids vakke (leers)”, “Ou produkte bestudeer -leers”, “Onbekende hardeware”, “Ou universiteits-leers”, “Egskeiding notas”, “Kinders se minder-mooi kunswerke” (deur hulself uitgegooi), “DVD houers”,  en “Oorsese briewe en memoires”.

Langsaan staan ‘n asblik vir al die wegGOOI materiaal. En dan die houer vir wegGEE materiaal. Ook vir die goed wat in ‘n ANDER VERTREK hoort. Boonop staan op my lessenaar twee plastiek laaie met die dringende skoolwerk, dringende persoonlike sake te hanteer, dringende geldsake uit te sorteer, en twee laaie vir elke kind se skool administrasie of -werk afgehandel hierdie jaar, tesame met ‘n groterige houer met die honderde penne, potlode, uitveers, skerre, leniaaltjies, skerpmakers wat skielik ‘nie meer nuut genoeg’ was nie maar tog steeds elke nou en dan handig te pas kom!

So die klomp artikels wat ek oor ontruiming gelees het wat praat van net vyf bokste vir uitsorteer is absolute nonsens. Miskien werk dit vir ‘n INISIELE desperate ontruimings proses – met een boks vir Alles Belangrik, een vir Alles Onbelangrik, vir Weggooi, vir Weggee/Verkoop of vir Hoort in ander kamers.

Maar wat doen jy daarNA, vertel min van hulle – nadat jy al die belangrike en onbelangrike papiere saamgegooi het?

Natuurlik sal julle hopies dalk heeltemaal verskillend lyk as myne. En vir die moediges dalk slegs die een of twee groot dose met alles gemeng, werk, of sekerlik kan sekere van my klomp dose bymekaar gegooi word (ek eksperimenteer nog – so dis ‘n deurmekaarspul!).

Hoewel ek altyd se dat ek daarvan hou om my te omring met mooi goed, moet daar een of ander rede wees hoekom ‘sommige’ mense goed vergader omdat ‘hulle’ sekuriteit daarin vind of een of ander ‘ruimte’ te wil vul!

Rommel onstaan vinnig en egter ook as gevolg van ‘n vorm van luiheid, aangesien dit konstante stappies van ontrommeling verg om jou spasie ontruim te HOU (nadat die inisiele ontruiming eers gedoen is)..

 
 
 
 
 

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: