‘N VREDEVOLLE HUIS


Die Bybel is weereens ons handboek en riglyne vir ‘n suksesvolle lewe.

Spreuke 17:1 “Liewer ‘n stukkie droe brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.”

Hoe wonderlik om hierdie te lees, nadat ek altyd soos die oumense geglo het, as ‘n mens arm is, die liefde en alle vrede by die agterdeur ‘uitvlieg’. Ek het verstaan volgens Maslow, dat ‘n mens se basiese behoeftes soos vir voeding tog eerste belangrik is bo al die mens se ander behoeftes , dan nie? Tog sien ons ‘n arm plakkerskamp inwoner – wat die Here dien met ‘n gesig vol vreugde en dankbaarheid – die teenoorgestelde bewys…

“Liewe Here, Ek weet ek is geroep om in vrede te leef. Ek verlang daarna om ‘n VREDEVOLLE HUIS te skep wat ‘n ontvlugting sal wees te midde van die lewe se storms, ‘n plek waar ons lewe volgens U prioriteite eerder as om gedryf te word deur wat ons sien in die media. Vergewe my dat ek so vinnig ingekoop het in die kulturele leuens wat voorgee dat die enigste manier om gelukkig te wees is, om meer en meer, en meer, te vergader. Die waarheid is eerder dat MINDER meer is. Bemagtig my om anders te leef. Leer my om VREDE na te jaag eerder as GOED. Leer my hart om altyd stilte te kies eerder as eindelose aktiwiteit. Amen.”

Lukas 3: 11; 6:38: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen. Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hand gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” 

Wat ek hieruit verstaan is, dat as daar oorgenoeg van elke ding is, en selfs te veel van elke ding, jy daarvan moet weggee aan iemand wat dit werklik nodig het. En omdat dit soms pynlik is om te doen, sal dit jou sommer twee maal laat dink as jy weer wil opgaar. Om daarna te streef om jouself te seen, mis jy uit op van die grootste seeninge.

“SOOS EK GEE, SAL VIR MY GEGEE WORD”

Alhoewel deel van jou dalk glo jy moet vasklou aan alles wat jy besit en dit vir jouself hou, moet jy in geloof glo dat hierdie gebod nie geskryf is om jou te beroof nie, maar eerder om jou te seen. Hoewel my natuur en my geneigdheid is om maklik te gee aan ander, klou ek tog vreesagtig vas aan alles wat ek aangeskaf het om op te maak vir die ‘maer jare’ wat verby is of wat dalk selfs weer mag voorle! En om alles net verniet weg te gee, voel ook nie vir my reg nie. Het ons dan nie al swaar gekry voorheen nie? Daarom reik ek uit na die leiding van die Heilige Gees – sodat ek sal weet wat ek dan maar van ontslae moet raak. Want om te veel van alles te stoor vir die maer jare – alles wat jy nie voorheen kon bekostig het nie – veroorsaak net te veel rommel rondom jou, maar veral in jou kop!

Staan hierdie sowaar in die Bybel geskryf! Hierdie is die geheim van VOORSPOED (vooruitgang, welvarendheid, om te floreer), in alle omstandighede… Fil. 4 : “Ek was baie bly in die Here dat julle (die skrywer se gelowige vriende) na so ‘n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek se dit nie omdat ek gebrek lei nie, want Ek het geleer om my in ALLE OMSTANDIGHEDE te behelp (TEVREDE te wees!) Ek weet wat ARMOEDE is en ek weet wat OORVLOED is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te he om te EET sowel as om HONGER te lei, om OORVLOED te he sowel as om GEBREK te lei. Ek is tot ALLES in staat deur HOM wat my KRAG gee. Nietemin het julle goed gedoen om my in my moeilike omstandighede by te staan. Julle weet ook dat geen enkele gemeente behalwe julle ‘n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawes nie. Julle het meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die VRUG daarvan: DAARDEUR WORD JULLE SELF RYKER. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan my God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid!”

Omdat ek kreatief is, hou ek van kreatiewe dinge en hou daarvan om my te omring met mooi goed, maar om netjies en georganiseerd te wees is nie my sterk kant nie en was nog altyd my groot uitdaging! So ek is voordurend besig om te veg om rommel te minimiseer en ‘n ordelike huis te skep.

Begin sommer saam met my ontruim! As jy sonder iets kan klaarkom, raak ontslae daarvan! Jou lewe sal veel beter wees met minder rommel – minder om skoon te maak, minder om te verwar. Less is more.  Moenie hieraan dink as bloot ‘n ontruiming nie. Dink aan dit as ‘n geleentheid om God te dien. Dink aan dit as eenvoudig ‘n gehoorsaamheid aan ‘n gebod van Christus. Fokus op die vreugde van GEE. Aan iemand te se: “Neem wat jy nodig het as ‘n gawe van jou liefdevolle hemelse Vader.”

Gaan deur jou klere, boeke, CD’s, speelgoed, kombuis toebehore – alles. As jy twee het en een sal doen, gehoorsaam die Bybelse riglyn en gee dit weg. As jy jou lewe kan voorstel sonder dit, gee dit weg. As jy aan enige iemand kan dink wat dit meer nodig het as jy, gee dit weg. As daar iemand is wat dit beter kan benut, gee dit weg!

Vul die kattebak van jou motor en neem SO GOU AS MOONTLIK alles na ‘n familielid of vriend – swart bruin OF wit – wat dit rerig nodig het.

Wees soos hoe die Spreuke 31 vrou was wat ‘n “oop hand het vir die armes, en vrygewig is teenoor die behoeftiges.” En soos wat sy haar hande oopgemaak het om te GEE, het haar eie familie steeds alles gehad wat hulle nodig het. “Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.” Moet nooit huiwer om vrygewig te wees met wat jy het nie, vertrou God om alles te voorsien wat jy nodig het.

Tog kan ek dit heeltemaal verstaan as jy dit nie in die asblik kan gooi nie! As jy diep in die skuld is of in ‘n finansiele verknorsing kan jy eers, eerder dat jy dit net weggee, probeer om dit te ruil vir iets nuttiger, of om te verkoop wat jy kan. Jy kan ‘n garage uitverkoping hou of jou goed oor die internet, soos op gumtree.com verkoop. Ek was verbaas oor die groot garage uitverkoping “gemeenskap” wat bestaan – mense wat slegs winskopies aanlyn soek, en bereid is om van heinde en verre vir ‘n item te ry. Jy hoef egter nie ‘n motorhuis verkoping te hou met die doel om ‘n WINS te maak nie. Gee aan die Here en sien wat hy vir jou teruggee in ruil daarvoor!

Pasop hiervoor: Besluit jy om jou ekstra goedere te verkoop, verkoop jy nie op die ou einde alles nie – want mense kry swaar in ons huidige ekonomie – en dan eindig jy steeds op met die orige ornament of toerusting wat nie verkoop het nie. Met ander woorde – jou rommel het net ‘n bietjie verminder. Skuif jy dit na ‘n ander stoorplek toe, bly jy bewus daarvan en prop dit jou kop vol rommel. Dit is dan beter om liefs net weg te gee! (Indien jy goedere wil afskryf as ‘n belasting aftrekking, kan jy dit doneer aan liefdadigheid wat tweedehandse goedere aanvaar. Verdeel jou items tussen groot items en algemene beskrywing van kleiner items, en laat die bestuurder vir jou daarvoor teken. Maar die belangrikste bly dat jy net ontslae raak van alles wat jou siel en huis van VREDE ontneem! En omdat ‘weggee’ plek kan maak vir iets nuuts, moet nie in die versoeking wees om onmiddellik weer te veel voorraad op te bou nie!

“EK VERGADER VIR MY SKATTE IN DIE HEMEL”

Begin: Skakel jou plaaslike supermark en vra wanneer hulle weer voorraad opvul en lee bokste sal he, en vra of jy tien bokste kan kom optel. Of gaan sommer na ‘n groot supermark wat bokse laat rondle vir jou om te neem. As jy verhuis, skakel ‘n vervoer maatskappy om vereers bokse te huur.

Koop ook tien plastiese bokse, asook ‘n dik swart merker. Dit is vir daardie goed wat jy nie wil weggee nie. Gebruik die dik khoki pen om die bokste te merk met wat daarin is.  Stoor al die items wat jy wil hou maar NIE ELKE MAAND GEBRUIK NIE op ‘n plek uit die pad uit, soos die garage. Skryf op ‘n blad in jou Notaboek, “Bokse”, met die nommers een tot tien aan die linkerkant van die bladsy. Skryf wat is in elke boks. Gaan deur jou huis in detail: kamer vir kamer, kas vir kas, laai vir laai – en hou net wat absoluut nodig is binne die huis.

“EK SKEP ORDE IN MY HUIS, WANT GOD IS NIE ‘N GOD VAN WANORDE NIE.”

Dit is natuurlik meer as ‘n een-dag werk. Jou eerste poging is om die projek aan die gang te sit en daaraan te werk, bietjie vir bietjie. Doen elke dag ‘n stukkie, en jy sal op ‘n dag nie kan glo hoe ver jy hiermee gekom het nie. (Soos ‘n woestyn waarin die sand nie oornag beland het nie!) Spandeer ten minste VYFTIEN MINUTE elke dag om te ontruim, selfs terwyl jy besig is met iets anders – dis ‘n manier om te multi-task.

As voorbeeld – jy kan ‘n boks he vir uit-seisoen klere, vakansie-voorraad, belastingstate, kinders se skool-dokumente, verjaardag/onthaal items, kersfees versierings, vir elke kind sy/haar skool memoires, kuns en handwerk voorraad, droom-grootte klere. Jou bokste sal anders lyk as myne (wat in my vorige blog beskryf is).

Wat die papier chaos betref. Ek gaan nie enige l^eer sisteem noem om te volg nie. (Eerder as wat ek papiere liaseer, gebruik ek meestal bokse of kleiner houers, asook plastiek koeverte). Bly by die sisteem wat jy aan gewoond is, of lees ‘n boek oor papier bestuur en stel ‘n sisteem op. As jy die informasie op die internet kan vind, gooi dit uit. Hou net wat jy absoluut nodig het. EEN MAAL PER JAAR, gaan deur al jou papiere en gooi enige iets weg wat onnodig opgaar. Raak ontslae van die emosionele gewig: Ontrommel!

Psm 23:1-3.  “Dankie Here dat u my herder is. Omdat ek u het om my te lei en wie my raadgee, sal ek niks kortkom of benodig nie. Ek bely dat ek somtyds optree soos ‘n armoedige persoon. Want die realiteit is, as ek in u rus, moet ek glo of toegee dat u al my behoeftes vervul het. Ek erken somtyds moet ek ‘forseer’ word om te gaan ‘le!’ en rus (vers 2).  Ek is soos ‘n oormoeg kind, rusteloos, aan die rondhardloop, prikkelbaar, bekommerd en maak net ‘n gek van myself. Heilige Gees, verkwik my siel. Herstel my gedagtes, gemoed, wil en emosies. Help my om anders te dink, om beter besluite te maak, en om hierdie verwarde of wilde emosies te tem. Lei my asseblief op die regte wee, nie net vir my onthalwe nie maar ook vir u reputasie. Om ‘n positiewe refleksie te wees van u naam. Ek wil he mense moet na my lewe kyk en weet ek is goed versorg want ek het ‘n goeie ‘herder’.

Die Psalmis verklaar, “HY VERKWIK (HERSTEL/GENEES) MY SIEL”. Jou Siel omvat jou Verstand, Gemoed, Wil en Emosies. Die gedagtes wat jy dink, die besluite wat jy neem, en hoe jy voel. Dikwels vloei jou gevoelens uit jou gedagtes (dit wat jy dink) en die gevolge uit die besluite wat jy neem.

“HY VERKWIK MY SIEL”

Doen hierdie eenvoudige oefening om jou siel te verkwik. Skep ‘n “Te doen/Te herstel”- lysie in jou notaboek. Gaan van kamer tot kamer en maak ‘n nota van alles wat onklaar is, enige iets wat jou pla, of dinge wat verander moet word op ‘n manier.

Dan gaan sit jy en deursoek jou gedagtes. Is daar telefoon oproepe om te maak, briewe om te skryf, klasse om te neem, gewig om te verloor? As dit jou pla, skryf dit neer. KRY DIT UIT JOU KOP UIT EN OP PAPIER. (Ek skryf sommer al die areas van my lewe neer op die “MINDMAP” manier – met onderafdelings geteken soos ‘n boom met takke). Somtyds stel ons iets uit vir tien jaar wat net tien minute sal neem om te voltooi. Intussen word ons beroof van vrede en gedreineer van lewenskrag want die “onklaar besigheid” hang oor ons. Skryf jou lysie uit en voeg enige iets anders by wanneer dit in jou gedagtes opkom. Jy kan ook die hoeveelheid tyd wat dit omtrent sal neem om die probleem op te los, skat as jy wil, en dit dan ook neerskryf. Dan, wanneer jy tyd het, keer terug na jou Te doen lysie. Kyk vir ‘n taak wat jy beraam het omtrent die die tyd sal neem wat jy beskikbaar het. Jy moet ook jou Te doen lysie elke aand besigtig wanneer jy jou volgende dag beplan om te sien of jy ten minste EEN TOT DRIE items per dag kan afhandel. Wanneer jy ‘n klomp items doodgekrap het, herskryf jou “Te doen” lysie en begin van vooraf. Hou op om uit te stel. Dit is ongelooflik hoeveel jy gedoen kan kry in vyf of tien minute, of hoeveel jy gedoen kan kry in een dag.

Die dinge wat ons die meeste uitput, is nie dit wat ons gedoen het nie, maar wat ons onklaar gelos het. Dit is daardie onklaar take wat ons stil oomblikke versteur en ons ontneem van lewenskrag – daardie ongeskrewe briewe, ongesproke woorde, daardie onklaar baba kombersie. Die vyf kilogram wat ons moet verloor of die garage wat ons beplan om nog op ‘n dag te organiseer. Hierdie is die dinge wat die lewe uit ons siel dreineer, wat ons stilweg aankla, wat ons herinner aan ons eie onvermoe en ons besteel van ons hoogs-benodigde energie.

KEEP IT SIMPLE. Hoe minder ons bymekaarmaak en aan vasklou, hoe eenvoudiger word die lewe.  Nietemin hou mense vas aan alle tipes gemors. Het jy al ooit gese: “Moenie dit uitgooi nie, Ek mag dit dalk eendag benodig!” Dit beteken jy dra miskien emosionele gewig saam met jou in die vorm van rommel. Omtrent almal van ons het rommel, op ons lessenaars, miskien selfs in ons karre. Hierdie visuele herinneringe aan onklaar werk dreineer jou energie en is ‘n bron van onnodige spanning. Onthou dat net die basiese in elke vertrek nodig is.

Spr. 31: 14, 16, 19, 24  “Sy is soos die handelskepe, sy bring kos van ver af in. Sy oorweeg die waarde van ‘n stuk grond en koop dit. Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel. Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.” Hoe meer jy het om te doen, hoe meer kry jy gedoen. Word ‘n vrou wat energiek is. Hoe meer jy gedoen kry, hoe meer energie word geskep om die volgende ding te takel wat gedoen moet word. Pak slegs ‘n stukkie van ‘n taak, of deeltjie van ‘n kamer aan, en jy sal krag kry deur die momentum daarvan – soveel so dat jy sal aanbeweeg na die volgende taak. En die volgende. En die volgende.

“A TASK BEGUN IS HALF DONE”.

Spreuke 31:18  “Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.” Die Spreuke 31 vrou mag dalk laat in die nag gewerk het, maar sy het nie snags wakker gele met angs nie. Sy het daardie ideale balans bereik van sielsrus en  liggaamlike aktiwiteite. Te veel van ons leef die teenoorgestelde – ons sit op die bank en TV kyk of “surf”die internet – maar ons siel is in absolute harwar. Of ons le vir agt ure in die bed maar ons slaap nie regtig nie want ons het nie geleer om ons besorgdhede aan God toe te vertrou nie.

Spr. 31: 22 “Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol”

PRYS is nie ‘n faktor nie. Al die items wat jy aangeskaf het maar nooit gebruik nie, enige iets wat nie ‘JY’ is nie of nie sensasioneel op jou lyk nie – al het jou ma dit vir jou gegee, al het jou vyf-jaar-oue kind dit vir jou gemaak, al het jy dit gekoop op jou wittebrood in Mauritius – as jy dit nie dra nie, moet dit gaan. Kies kwaliteit bo kwantiteit. Minder is meer.

“EK DRA KLERE VAN LINNE EN WOL”

 Spreuke 31:15, 27-28  “Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie. Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar”

Die Spreuke 31 vrou het gekyk na die sake van haar huishouding en dis ook ons werk. Dis ‘n belangrike taak om jou huis goed te bestuur. Soms vergelyk ek my met die supervrouens of superma’s rondom my en laat dit my minderwaardig voel. En as ek myself met die Spreuke 31 vrou moes vergelyk wat perfek is, sal ek uit eie krag nooit daarby kan uitkom nie! Maar, alles wat in die Bybel geskryf is, is vir my bemoediging, en nie doelstellings wat onmoontlik is om te bereik, of ‘n las nie. Dit IS moontlik om die vrou te word wat God wil he jy moet wees! – dit mag dalk nie maklik wees nie, maar niks wat die moeite werd is, is nie. Ons hoef nie BANG te wees vir die onbekende nie – en om na die volmaakte te streef nie!

Spr. 31: 13, 17 “Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk. Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.”

“Doen alles wat jou hand vind om te doen, met jou mag…” Doen alles asof vir die Here…

“Heer, ek het nodig om sterker te raak – FISIES, GEESTELIK EN EMOSIONEEL. Help my om my werk as huishoudster met passie aan te pak. Heilige Gees, lei my elke dag soos wat ek kyk na sake in my huishouding. Ek kan onmoontlik nie alles doen nie, so ek het u hulp nodig om die DINGE TE ONDERSKEI WAT DIE BELANGRIKSTE IS. Vergewe my vir die kere wat ek gesloer het met belangrike take of lui was, wanneer ek TV gekyk het of die internet ge’surf ‘ het toe ek aan my huis moes werk. Help my om te sien in watter AREAS VAN MY LEWE ek meer sal moet insit. Baie dankie vir die woorde van bemoediging wat betref my familie ek ontvang (vers 28). Ek wil graag ‘n seening wees vir my familie, wetende dat al bedank hulle my nie nou nie, hulle eendag daardie dinge sal waardeer wat ek gedoen het om ons familie lewe glad te laat verloop. En daardie dae wat hulle nie juis waarderend is nie, help my om na U stem te luister. U het die voorbeeld aan ons gestel Jesus, om U lewe vir ons af te le; en u het gese dat die grootste liefde van alles is om my lewe af te le vir andere (dus ook vir my familie). Help my om nie gegrief te wees oor die take van moederskap wat die wereld van my verwag nie, maar om my take met lewenskrag aan te pak, en alles te doen asof vir u.”

Hou boek van idees wat jy bymekaarmaak asook jou organiserings strategie. Besoek ‘n webtuiste oor tuisteskepping, of blaai deur ‘n huis tydskrif of boek daaroor, of  stap deur ‘n winkel om die wenke of idees te vind wat jy nodig het om die chaos te oorkom. Dis altyd ‘n goeie idee om ‘n prentjie van elke vertrek, nadat jy die funksie(s) van elke vertrek in ag geneem het, voor jou te sien – en soms help dit sommer om ‘n prentjie in ‘n boek na te boots vir jou eie vertrek! Weereens, Onthou dat NET die BASIESE in elke vertrek nodig is.

Pred. 3: 1-7  “Die lewe gebeur in seisoene. Daar is ‘n tyd vir alles. Daar is selfs ‘n tyd om te hou – en ‘n tyd om weg te gooi.”

“Here, soos wat ek aangaan op hierdie pad, gee vir my die wysheid om te weet watter tyd dit is. Ek bely dat my geneigdheid is om altyd te wil bou, vergader, en hou. U Woord maak dit duidelik dat ek moet afbreek, versprei, en weggooi. Ek is in ‘n seisoen van reiniging. Heilige Gees, help my om hierdie proses te vertrou. ‘n Deel van my staan op daarteen, maar ek weet as ek my sal onderwerp aan u leierskap, ek rus sal vind vir my siel. Gee aan my die wysheid om te weet wat alles moet gaan en die moed om af te breek en weg te gooi. Soms dink ek ek ‘floreer in chaos’. Ek wil eenvoud omhels, maar dit maak my ook bevrees. Ek vrees dat “laat gaan” beteken ”om te verloor”. U Woord se dat net deur ons lewens te verloor, ons dit werklik kan vind. Maak my arms sterk vir die taak en my hart gretig om te gehoorsaam. Ek vertrou u, Heer. Amen.”

Moet niks vir jou ouer kinders hou met die veronderstelling dat hulle dit wil he nie. Vra vir hulle of hulle dit wil he. As hulle wil, gee dit vir hulle onmiddellik. Andersins, raak daarvan ontslae. As jou kinders nog baie jonk is, skep ‘n houer vir elke kind in jou stoor area en laat jouself toe om dit te vul met soeweniers wat jy wil aanstuur aan hulle – klere, snuisterye en ander dingetjies, maar tog nie meubels nie.

“DAAR IS ‘N TYD OM TE HOU EN ‘N TYD OM WEG TE GOOI”.

 Rommel dreineer jou energie. Rommel veroorsaak onnodige spanning. Rommel is gevaarlik. Het jy al ooit gestruikel oor ‘n hoop papiere of klere of “goed?” Ek het al ‘n been gebreek op hierdie manier, in my huis! Al daardie bokse in jou garage is ook broeigrond vir muf en goggas. Rommel mors tyd. Hoeveel tyd spandeer jy om verlore items te probeer vind? Rommel mors geld. As jy iets wat jy nodig het verloor het, sal jy waarskynlik ‘n nuwe een gaan koop. Hierdie onnodige uitgawes hoop vinnig op. Hoeveel van ons het vyf pare skerre – iewers? 

Gedeeltelik vertaal uit: Becoming the Woman God wants Me to Be, Donna Partow

10346105_10152192491241439_230334750615646515_n


Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: