DIE GEESTELIKE
Soos julle kan agterkom, lyk my nuwe blog ietwat anders.Ek het besluit om Myafrikaans.com eers te verlaat en op my eie aan te ploeter. Of dit die regte besluit was, sal net die tyd leer. Andre van www.myafrikaans.com het my baie geleer en ek is hom ewig dankbaar. Wat ‘n voorbeeld van ‘n man wat sy Christenskap uitleef!
ONS ALMAL HET FOUTE, EN ONS ALMAL MAAK FOUTE…
Ek het eers ‘n STYL tema vir my blogs gekies – styl in hoe jy jouself versorg, hoe jy jouself uitdruk in jou kleredrag, hoe jy jouself grimeer en jou naels en hare doen, en ‘n bietjie oor die sielkunde van styl en tipe persoonlikhede.
‘n Ou skoolvriend laat weet hy wil vir koffie ontmoet – om my hele “styl” idee af te skiet en my diep aan die dink te sit!
Hy se die hele STYL ding VERVLAK eintlik my ervarings en wat ek glo, en dit klink nie asof STYL en die UITERLIKE eintlik is wie ek werklik is op die oomblik nie. En ek besef..hy’s reg!
Ek gee eintlik nie ‘n DUIT om HOE EK LYK of HOE JY LYK nie!!
Ek besef nou, die ESSENSIE van die mens gaan glad nie oor die uiterlike nie! Dit gaan nie oor styl nie, maar liewer: WAT GAAN HIERBINNE AAN?
Dat ‘n vel sonder puisies ook nie eers my pyn gaan wegvat nie!
Terloops, God is nie afhanklik van styl nie – Hy diskwalifiseer styl! Jesus se grootste beswaar teen die kerk was die styl – dat hulle net begaan was oor die uiterlike.
Dit gaan nie oor hoe goed jy lyk aan die buitekant nie!
’N BOOM WORD AAN SY VRUGTE GEKEN.
Daar is drie dinge: GELOOF, GEVOEL en DADE. Wat is die belangrikste? As daar ‘n trein is met die lokomotief, die trokke – watter ene van hierdie drie DRYF die trein?
Ek kom meteens tot die besef: GELOOF is die ene wat moet STABIEL bly. Jou GELOOF moet lei tot jou dade..en die dade tot jou gevoel. Jou gevoel is die gevolg van wat jy doen, en gevoel is wispelturig! STYL IS OOK WISPELTURIG soos gevoel.
1 Joh 4: 18: “Die liefde dryf alle vrees na buite” – ook die vrees vir: Wat gaan die mense van my dink?! Hoe lyk my styl?
As ek nie met myself VREDE maak oor die feit dat ek nie OK is nie – SAL ek nooit OK wees nie! Jy kan nie vir God OK wees as jy nie teenoor jouself erken dat jy nie OK is nie.
En dit bring my by my punt: Jy MOET jou AFHANKLIKHEID VAN GOD besef!
Ons het ook gesels oor hoekom sekere mense, selfs diegene naaste aan jou soms bang is om na jou uit te reik as jy gestremd is, of jou ongenaakbaar oor dieselfde kam skeer as hulleself of jou sien soos jy voorheen was. Hoekom? Sekere mense het my ongeluk tot vandag nog nooit eers opgehaal nie. Hoekom? Want jou gestremdheid (al is dit gering) is vir hulle vreemd, en hulle is bang vir die konfrontasie en om hulle eie kwesbaarheid in die gesig te staar. En eers as jy jou KWESBAARHEID KAN KONFRONTEER, kan jy vorentoe gaan in die lewe.
Bygese, as jy JONK is, is LOOKS vir jou alles. Maar sommige HAAK DAAR VAS!
Dankie vir die EYE OPENER Jacobus.
Kyk hoe my verdere blogs ontvou julle, deur te fokus op die GEESTELIKE.
Terloops, ‘n vorige sielkundige het vir my vertel, sy BID soms vir ‘n kliënt wat voor haar sit vir wie sy ‘n antwoord soek. So baie sielkundiges fokus net op die MIND EN SOUL, en vergeet die SPIRIT!
My liewe vorige 22 intekenaars! Duk net die widget “FOLLOW”, om al my blogs in die toekoms te kry in jou mail! Ek moet ongelukkig al 22 van julle van vooraf inskryf. Baie dankie!
Ek love jou skrywes 🙂
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! Ek het jou nuutste blog somme gereblog, soveel stem ek saam met als wat jy se! Dankie vir die inspirasie om maar weer gym toe te gaan!
LikeLiked by 1 person