Loslitdag


Vandag is LOSLITDAG, ‘n dag propvol pret en plesier

Alles wat skitter en skyn en blink is, is in..vergeet van net gemaklik aantrek..jou inspirasie moet kom uit die teater of naglewe van die 1920’s,30’s en 40’s…’n deftige bloes, lang string vere, armbande, oorbelle, treffende halsnoer, glanslipstiffie en dramatiese oe – die Gatsby styl. As dit moontlik is, moet jou man ‘n pluiskuil en hare wat b…link teruggekam is, dra!

Die doel van vandag is om fondse in te samel vir die nood van diegene om ons wat elke dag met gestremdhede saamleef, soos ekself, maar net in ‘n veel erger mate. Ongelukkig is gestremdheid ‘n realiteit wat enige iemand kan oorkom. Ek was twee jaar gelede in ‘n onverwagste, afgryslike motor ongeluk op ‘n Sondag oggend na kerk, waar ‘n motor van agteraf in ons vasgejaag het. Omdat ek my nek gebreek het, was ek tydelik verlam, maar het weer wonderbaarlik begin loop. Ek is steeds op sterk pyn medikasie elke dag, en my regterhand is in die proses totaal verswak en ek dikwels onhandig gelaat, en moes die beroep wat ek jare al doen, wysig. Nogtans lewe ek ‘n vol lewe, en sorg dat ek dikwels avontuur by my lewe insluit.

Die samelewing diskrimineer ongelukkig steeds teen persone met gestremdhede. Daar word verwag dat veral half-gestremdes, soos ekself of baie oumense, steeds die mas opkom en daar word dieselfde vereistes aan ons gestel as aan ander om suksesvol te lewe in die gejaag van ons modern tyd. Ons met gestremdhede moet maar aanpassings maak, en het miskien nie meer soveel lewenskrag soos voorheen nie, maar ons kan steeds voluit leef en Suid-Afrika ‘n ryker land maak.

Ek beoog om juis vandag ‘n verskil in ‘n spesifieke gestremde se lewe te maak. Hy word, nadat hy totaal verlam is na ‘n val ongeluk, vandag vanaf ‘n oord nader na sy familie geskuif – en in sy twintiger-jare moet hy nou in ‘n ouetehuis in Kraaifontein gaan bly. Al is dit vir myself moeilik, gee ek graag vandag my samewerking met die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdhede in Suid-Afrika. Dink aan wat kan jy doen, al is dit net om vriendelik uit te reik na iemand in ‘n rolstoel.

Ons kyk so dikwels die ander pad.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: