Ek weet julle het gewag hiervoor! Hier is my siening oor ‘n paar van die duisende diëte op die mark.
Die Hoë Protein – Lae Stysel dieet. Dit lei tot duiseligheid/hoofpyne/traagheid/swakheid/naarheid/ diaree/vitamien en mineraal tekorte/hoë cholesterol/ potassium tekort/kalsium tekort/dehidrasie/slegte asem en water retensie (mense dink dikwels hulle verloor gewig, dan verloor hulle slegs water).
Daar is die Hoë VET – Hoë Protein – Lae Stysel dieet. Dit is ontsettend gevaarlik en dra by tot hartsiektes, beroertes, kanker, diabetes, arthritis en osteoporosis, plaas te veel gewig op jou niere en spysvertering stelsel, en veroorsaak siektes in hierdie areas. Dit het ook lelike newe-effekte.
‘n Hoë Stysel dieet lei tot protein tekorte.
Die Lae Vet of Geen Vet dieet is net so gevaarlik! Wanneer jy vet uit jou dieet haal sal daar eerstens geen of baie min absorpsie van die belangrike vet-oplosbare vitamines wees en jou dieet sal nie die essensiele vetsure verskaf wat jou endokriene sisteem benodig om optimaal te funksioneer nie. Die endokriene sisteem is betrokke by die funksionering van jou hart, longe, lewer, vel en spysvertering sisteem, regulering van bloedsuiker vlakke en bloeddruk. Baie van die lae-vet kosse is boonop geprosesseerd en vol preserveermiddels.
Die beroemde Bloedgroep dieet. Dit promofeer weereens ongeprosesseerde kosse en sluit ook baie belangrike natuurlike kosse uit, soos avokado’s en mangoes. Die enigste van waarde is die A-tipe bloedgroep dieet omdat dit plantgebasseer is, diere produkte uitsny, en volgens Mary-Anne Shearer is ons eintlik geskep om ‘n hoë alkaliese, plant gebasseerde dieet te volg. Baie mense vind natuurlik baie baat daarby om gluten en geprosesseerde kosse uit hul dieet te sny en die meeste van die bloedgroepe word aangemoedig om dit te doen (daarom die skynbare nut van die dieet om siektes te bekamp). Die hoë protein dieet wat vir die O-groep voorgestel word is egter baie gevaarlik.
Die Lae GI-dieet. Die voedsel en dieet industrieë se obsessie met “tabelle” is ‘n manier om die publiek te manipuleer deur te vewys na hulle superieure kennis – solank ons hulle “tabelle” volg sal ons OK wees! Maar ons het ons “tabelle” gehad vir JARE, die lae-vet “tabelle” en nou die GI “tabelle”. Dit maak kommerwekkende aanduidings, soos dat verfynde suiker beter is as dadels, en baie geprosesseerde kosse soos suiker-bedekte pappe en kits noedels, word as gesonder beskou as vars vrugte slegs omdat die GI (die mate waarin die verskillende stysel kosse die bloedsuiker vlakke beinvloed) laer is, en dus beter vir jou! Die menslike liggaam het ‘n alkalie-vormende dieet nodig om sy gesondheid in stand te hou. Die enigste manier om dit te verkry is deur ‘n plant-gebasseerde dieet waar ten minste 75% van jou kos inname bestaan uit rou vrugte en groente. Ons het nodig om ‘n variasie van natuurlike, gesonde, opbouende, ongeprosesseerde kosse in te neem wat gekook word sonder verhitte vet.” (Perfect Weight: Mary-Anne Shearer)
Baie populêr nou is die hoë protein/hoë vet dieet van Professor Tim Noakes. Die sogenaamde “Banting”-dieet kan glo nogal ’n mens se sak ruk met duur kosse soos Griekse jogurt, rooivleis en neute. Ek het nooit eintlik, soos miljoene ander, byval gevind by hierdie dieet nie omdat ek nie rerig hou van vleis nie, en ek ken nie regtig die dieet nie.
Daar is wel diëte op die mark wat ek glo werk, en ook gesond is.
Indien jy siek is, gee jou liggaam tog die KANS om homself te genees!
Johan Jacobs skryf in “God se manier om gesond te leef” (Johan Jacobs) dat die stamme wat die langste geleef het vleis eters was en veral die organe van vleis, soos lewer en niertjies geëet het, en dat hul tand strukture blykbaar baie sterker was as die nie-vleiseters soos die vegetariërs.
Soos genoem is ek nuuskierig oor die nuwe CSN-dieet (die “streng dieet met die beste resultate” volgens Finesse(Aug 26 2012) en sal dit ‘n volgende keer bespreek, nadat ekself die dieet op die proef begin stel het.
“Ons moderne leefstyl met sy kitskos, wat onder meer gelaai is met suiker en verfynde meelprodukte, skiet ver te kort aan die nodige boustene vir ons liggaam. Daarby is daar talle gifstowwe in ons omgewing wat ons kos besoedel en ons liggaam siek maak.
Johan Jacobs het begin soek na ’n gesonde leefstyl wat die liggaam in staat sal stel om homself te genees en gesond te hou. “God se plan om natuurlik gesond te leef” wys dat die jagter-versamelaarleefstyl die enigste is wat vir die moderne mens gesondheid kan bring, en leer jou hoe jy ’n gesonde leefstyl in ’n ongesonde omgewing kan volg. Jou gesondheid is immers jóú verantwoordelikheid.
Johan kan na sy genesingspad getuig dat daar wel ’n God is. Hy het ook vir hom ’n duidelike boodskap gegee, naamlik die Go Natural-boodskap, wat eintlik net beteken om dit op God se manier te doen. Hierdie boek leer jou om in die veranderde tyd steeds gesond en energiek te wees.”