Begin by jou dieet


Vir ontspanning het ek die Huisgenoot (Sept. 11, 2014) gaan lê en lees, soos gewoonlik met my boks Smarties byderhand.
En toe lees ek oor DIEET. Twee artikels. Die eerste van die ou wat, omdat ʼn meisie wat hy op verlief was vir hom gesê het “hy pas nie by haar nie omdat hy te vet is”, onmiddellik op ʼn dieet gegaan het. ʼn Dieet van PROVITAS, BLAARSLAAI, KOMKOMMER EN NOGALS LEMOENE, en in plaas van bier en koffie, baie water gedrink het. In ses weke het hy 12kg verloor, m.a.w. 2kg per week. Hy bly vandag steeds weg van suiker en stysel. Dit klink maklik en eenvoudig en soos hy sê “volgens dieetkundiges nie baie gesond nie.” Hy het toe begin hardloop om van die los velle ontslae te raak.

Die tweede artikel het geklink asof dit oor my geskryf is, maar dit handel oor iemand anders wat haarself ʼn “suiker verslaafde” noem. Volgens nuus is SUIKER skynbaar net so verslawend en dodelik soos sigarette. En dis nie net ek wat te veel suiker eet nie! Een uit elke vyf Suid-Afrikaners eet 12 teelepels meer as die gesonde aanbevole hoeveelheid per dag. Suiker-afhanklikheid lei tot gaatjies in die tande, onversadigbare hongerte, gewigstoename, vetsug, diabetes, lewer-versaking, niersiektes, party kankersoorte, kognitiewe agteruitgang en tekort aan voedingstowwe. Jy maak staat op suiker vir meer energie en smag dan gedurig daarna. Verder lei dit tot ʼn verlies van SELFVERTROUE, sodat jy nie eers meer in die openbaar wil verskyn nie, wat nog te sê in ʼn swembroek! Nes met drank en dwelms, laat suiker jou tydelik goed voel omdat jou dopamienvrystelling en suikervlakke die hoogte inskiet en daarna na ʼn punt onder die normale val.

Boonop skuil SUIKER OMTRENT IN ALS wat ons eet – ook in verfynde koolhidrate soos koek, koekies, skyfies, onbytpappe, ontbytstafies, pasta, pastasouse, slaaisouse, smaakmiddels, konfyt, grondboontjiebotter, bakbestandele, vrugtesappe, sekere blikkieskos, laevetjogurt, nageregte, wyn, witbrood en selfs droe vrugte! Sosiale geleenthede, of wanneer jy verveeld of GESPANNE voel, of laatmiddag, lei dikwels tot die behoefte aan suiker.

Wanneer jy SUIKER BEGIN UITSNY, kan jy aanvanklik hoofpyne kry of erg moeg voel en prikkelbaar wees, maar jy sal mettertyd soos ʼn nuwe mens voel met nuwe lewenslus. Jy sal beter begin slaap en verfris voel as jy soggens wakker word, en jou maag sal minder opgeblase voel en lyk.

ʼn Gesonde eetplan met baie GESONDE PEUSELHAPPIES is skynbaar die antwoord.

VETSUG is ʼn risiko faktor vir siektes, plus, jy LYK NIE GOED! 30% Suid-Afrikaners is oorgewig. REDES VIR OORGEWIG is: Verkeerd eet, geen oefening, maaltye oorslaan en dan ooreet op ander tye. Mans het ʼn hoër metabolisme as vroue, meer spiere en minder liggaamsvet, daarom ʼn vinniger metabolisme. Hulle hoef net alkohol en gemorskos uit te sny, en hulle verloor gewig!

Ons liggaam fluktueer gewoonlik in gewig met 2KG MEER OF 2KG MINDER. Jy moet HERAANPASSINGS maak elke keer as jy meer as 2kg hoer of 2kg laer begin weeg, d.m.v. OEFENING, of jou DIEET.

Daar is SOVEEL DIETE op die mark, en gewigverlies is ʼn GROOT BESIGHEID in Suid-Afrika! Daar is mense wat baie geld maak uit die “nuutste dieet”. En die beste is, elke dieet op die mark ‘werk’ – menende dit sal jou gewig laat verloor! Ek gaan nog oor baie van hierdie diëte skryf.

Daar is die HOE VET – HOE PROTEIN – LAE STYSEL, die HOE HOE PROTEIN – LAE STYSEL en die HOE STYSEL dieet. Dan is daar die BLOEDGROEP dieet, die LAE GI-dieet en nou die baie populere NOAKES dieet. Oor al hierdie diëte het ek egter bedenkinge, en sal dit beslis bespreek in ‘n volgende ‘post’!.
Oor die CSN-dieet is ek egter baie nuuskierig. Dit word beskou as “die strengste dieet maar is die dieet met die beste resultate” (goedvoel.co.za). En die boek GOD SE PLAN OM NATUURLIK GESOND TE LEEF (Johan Jacobs), was ook vir my baie interessant!

JY moet die dieet vind WAT VIR JOU WERK. Omdat bykans almal van hulle werk om jou gewig te laat verloor, is die vraag liewer: BEHOU JY JOU GEWIG nadat jy met die dieet opgehou het? As jy gewig verloor, en jy hou dit NIE INSTAND nie, jou liggaam pas nie opnuut of effektief aan by die laer kilojoules nie of raak nie gewoond aan die nuwe sisteme soos nuwe metabolisme, energie in die selle, watervlak, spysvertering ensovoorts nie, spring hy sowaar TERUG NA DIE GEWIG WAT JY GEHAD HET vir die afgelope 30 jaar! Daarom, 6-12 MAANDE VAN INSTANDHOUDING is belangrik. Sê vir jouself: ek gaan my nuwe laer gewig instandhou totdat my liggaams funksionering normaliseer. Al het die dieet aanvanklik gewerk, misluk 99% van alle diëte as jy dit nie as ʼn LEWENSLANGE LEEFSTYL sien nie! Soms dieet jy vir ʼn tyd en verloor baie gewig. Skielik staan jou gewig stil en het ʼn PLATO OP DIE GRAFIEK bereik en jy verloor nie meer ʼn kilogram verder nie. Dit is NOU WAT JY MOET UITHOU! As jy dit doen, sal jy skielik weer meer van die gewig wat jy nog wil verloor, begin verloor.

BALANS is belangrik – AL die voedselgroepe, elke dag. Eet drie gesonde etes, ʼn VERSKEIDENHEID VAN KOSSE waarmee jy die voedingstowwe versprei en eet gesonde versnaperings tussen-in. Wees bewus van alles wat jy inneem. Uiteindelik is alles wat jy eet of drink, KEUSES WAT JY MAAK, en JY KAN BAIE MEER PER DAG EET AS JY GESOND EET! Hou op om rond te spring tussen diëte. DIEET MOET ‘N LEEFSTYL WEES! Eet ʼn gesonde en opbouende dieet, BASIESE EN ONGEPROSESSEERDE KOS, gekook sonder verhitte vet. Enige iets in matigheid, is Ok, maar hoe meer natuurlik, hoe beter.

ONTHOU: Jy kan LANK GOED VOEL op slegte voeding en mens kan LANK GOED LYK op ʼn slegte dieet! Maar eendag haal hierdie slegte gewoontes jou in. Dit neem 5-10 jaar voordat jy agterkom jy het ‘n voedings tekort, en dan is dit te laat, en jy het osteoporose of dalk diabetes. As jy DIKWELS SIEK is, of jy SLAAP NIE GOED nie, gee dit vir jou reeds ‘n indikasie jy leef nie reg nie. Of, jy is gewoond aan min eet en het ‘n hoe energievlak, maak nie saak hoe min jy eet nie, en skielik raak jy MOEG en is KONSTANT SIEK.

JY SAL NA GESONDE, ENERGIEGEWENDE KOSSE HUNKER SLEGS WANNEER JY JOU LIGGAAM BEGIN GEWOOND MAAK HET DAARAAN!

Op hoërskool het ek, weens die invloed van ‘n maat wat ten volle vegetaries was, besluit om ten minste ALLE ROOIVLEIS UIT TE SNY. Omdat ek in die koshuis was, moes die kombuis personeel vir my elke keer KAAS bring wanneer rooivleis op die spyskaart was (wat omtrent elke aand was) en het ek hoender en vis so twee maal per week geëet. Ek het onmiddellik al my oortollige gewig verloor, al het ons soos my gewoonte is, die dieet ʼn bietjie ‘aangepas’ wanneer ons saans laat iemand kafee toe gestuur het om vir ons dieet stafies te gaan koop!

Een van my skraalste tye was tydens my twee jaar in Londen toe ek beïnvloed is deur ʼn meisie van Israel wat AARTAPPELS, HEEL UIE EN BRUSSELSE SPRUITE in ‘n pot water gekook het en dit geëet het, tesame met BLIKKIES TUNA MET SWEETCORN EN MAYONAISE GEMENG, en so nou en dan ‘SLAPCHIPS’. Hierdie dieet het my egter mettertyd fisies siek gemaak en ek moes ʼn gebalanseerde dieet, met resepte by, uit ʼn tydskrif begin volg.

Ek en my seunskind is albei met een grootte OORGEWIG. Daarom het ek spesiaal ʼn moderne skaal by Clicks aangeskaf om ons nuwe gesonde eetstyl pad te begin stap. Vanoggend het ons onsself geweeg en die gewig neergeskryf. (Dis belangrik dat jy jouself liewer net 1x PER WEEK WEEG, want jou gewig sal daagliks varieer ook afhangende van jou vloeistof vlak).

Ek glo dat ʼn mens met jou dieet, net soos met jou voorkoms, EEN DING OP ‘N SLAG moet aanpak, totdat SUKSES daarin jou die SELFVERTROUE gee vir die volgende. Vir nou gaan ek en jy eers net begin om die EERSTE AANPASSINGS te maak in ons huidige dieet.

Volg die volgende riglyne:
THE NATURAL WAY DIET

“Focus on WHAT YOU CAN DO, not on what you cannot do. You have to focus on ADDING MORE OF THE GOOD THINGS to your existing diet (like a salad), not taking away the bad things(f.i.the sweet stuff). Remember it has taken you a lifetime to get your body into the condition it is now. You cannot undo the damage in 2 weeks but with slow comfortable change. Each day and week will bring GRADUAL IMPROVEMENTS. Embrace the process DAY BY DAY. Focus on eating RAW FRUITS AND VEGETABLES.

Take the time to get organised and to do THE SHOPPING. It is best to buy organic produce but don’t panic if you can’t find a local market. Just buy any raw fruit and vegetables you enjoy eating raw(uncooked), like cucumbers, tomatoes, carrots, red bell peppers and sprouts. If all you like is cucumber, then just stock up with cucumber. You can eat AS MUCH AS YOU LIKE of a particular food, and it is important to LISTEN TO YOUR BODY. Eating what you think is too many bananas, may just be your body’s way of correcting a nutritional deficiency. It is better to eat too many bananas than to exclude them and then over indulge on chocolates.

START ALL COOKED MEALS WITH RAW FOOD

Raw fruit and vegetables are loaded with anti-oxidants which help your Immune System FIGHT OFF DISEASE. They contain water soluble fibers and many phytonutrients, which help your DIGESTIVE AND HORMONAL SYSTEMS function efficiently.
Raw foods are very alkaline-forming in your body so the more you eat, THE SHARPER YOUR BRAIN will be and the more efficiently you will convert fuel into energy resulting in higher energy output and WEIGHT LOSS if overweight. Eating raw vegetables and fruit before meals also takes the edge off your appetite and you end up eating less food – naturally. There is no restriction on the amount of fruit and vegetables you eat before your cooked food.

When you WAKE-UP, drink a glass of filtered/mineral water. Eat a raw fruit then your normal BREAKFAST, before 10. MID-MORNING before 12 drink a glass of water. LUNCH before 3, start with a raw vegetable or side plate of salad before your normal lunch. MID-AFTERNOON before 5 have some water again. At DINNER before 8, again eat a raw vegetable/side plate of salad before your normal dinner. AFTER 8, eat fresh fruit and vegetables only – your metabolism slows down in the evening.”
(www.naturalway.com/101 days)

SELFDISSIPLINE IS NOODSAAKLIK VIR ENIGE LEEFSTYLAANPASSING
Om die keuse te maak om jou gesondheid te bevorder help gewoonlik om die regte skakelaar in die brein aan te sit

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: