B-A-L-A-N-S


Welkom aan al my nuwe lesers! Vul gerus julle details op hierdie blad in, en wanneer julle ʼn blog ontvang kan jy ook na die archive kyk om al my vorige blogs te lees.Vir die van julle wat self ʼn opinie het oor iets of meer inligting wil bekom, e-pos my gerus by annienatpeace@gmail.com.

Baie dankie aan my liewe moeder wat ʼn vorige blog help redigeer het! Ek het soveel geleer en lekker gelag oor die flaters wat ek amper gepubliseer het, maar sy is nou weer vêr van my, so ignoreer maar asb. die foutjies wat die letterkundiges onder julle raaksien! Ek geniet hierdie artikel skrywery terdeë, veral omdat ek mettertyd joernalis en boekskrywer wil word. Ek dink ʼn paar maal oor elke stukkie informasie wat ek aan julle deurgee en glo my, hier is sowaar baie navorsing ook betrokke!

As internasionaal gekwalifiseerde Skoonheids- en gewese Spaterapeut het ek ook die voorreg om PRODUKTE te kan toets en te beoordeel namens julle. Ek het nog nie enige produk in my e-winkel geplaas nie, omdat ek eers doodseker wil maak dit is die regte produkte! Ek soek slegs EKSKLUSIEWE produkte, wat professioneel of van hoë standaard is, miskien ʼn bietjie ANDERS as die res. Voor die einde van die jaar sal ek produkkies ook daar aanbeveel, na baie ure se navorsing en bedenking!

As jy moeg is van elke slag iets nuuts op jou vel gebruik en niks werk nie, hou hierdie spasie dop!

Ek gaan ook raad gee oor hoe om jou NAELS pragtig te verf  of nog makliker, jy kan ʼn gel laag bo-oor laat aanwend sodat die kleur nie vinnig afskilfer nie en jy altyd goedversorgd lyk. Ek gaan jou binnekort leer hoe om dit self te doen en sodoende dalk ʼn swak terapeut vry te spring. Jy sal jou eie  nael masjien by my kan bestel saam met die gel produkte waarmee jy dit sommer self by die huis kan doen. Veral as jy op ʼn klein dorpie sit en daar nie ʼn nael tegnikus naby is nie.

Ons gaan kyk na LIGGAAM, SIEL EN GEES – ja om verfynd en gesofistikeerd voor te kom (jou SELFVERSORGING EN MANIER VAN UITDRUK IN KLERE EN BYKOMSTIGHEDE) – maar belangriker nog, om gesond te wees (jou DIEET EN HOE JY OEFEN), jou siel en gees (jou PERSOONLIKHEID en sommer SIELKUNDE ook) asook jou GELOOF in ʼn hoër mag – in my geval in God. Hy het ons as FISIESE, EMOSIONELE en GEESTELIKE mense hier op aarde geskape. Ek kan baie hieroor wonder. Dalk is die meeste van my FISIESE vermoëns en talente oornag (deur ʼn motor ongeluk) van my af weggeneem, net sodat ek my talente wat oorgebly het ʼn slag kan gebruik, of aan my GEESTELIKE kant aandag kan gee en my afhanklikheid van Hom kan besef. IT’S NOT ABOUT YOU, IT’S ABOUT HIM!

Ek het die afgelope paar weke sonder ophou gewerk aan hierdie nuwe internet-besigheid idee. Soveel so dat ek al die ander AREAS VAN MY LEWE afgeskeep het! My gesondheid, my familie, my vriendskappe, my kinders, die skool, my geloof, die boek waaraan ek skryf, tydskrif-joernalistiek wat ek probeer studeer, Facebook, die afronding van my huis, my geldsake, lees en al die ander kreatiewe dinge wat ek wou aanpak.  En dit net omdat ek op een area fokus – werk werk, werk! Op die punt waar ek julle ook vaarwel wou toeroep, besef ek dit is glad nie nodig nie! Ek moet net BALANS vind tussen dit alles!

Ek staan moeg op, en met baie pyn. As gevolg van die motor-ongeluk word ek nog belas met senu pyne soggens en saans. Ek het reeds genoem dat ek nog chemiese medikasie elke dag moet neem. 25% van die 50% van neuropatiese gevalle wat met hierdie pyn sukkel, het dit vir die res van hulle lewens. (Glo dit of te nie, dit hou my nederig en bly my herinner, ongelukkig, aan wat gebeur het en, gelukkig, aan die genade dat ek toe nie heeltemal verlam is nie).

Vanoggend toe ek weer sukkel om op te staan en met ʼn gesteun en gekreun die kinders regkry vir skool, besef ek meteens: Ek moet weer STIL raak en my lewe in BALANS bring.

To PRACTISE THE PRESENCE OF GOD. Ek het mos geleer om STIL TE WORD en God se stem te hoor wanneer dinge rof gaan.

Eerstens moet My GESONDHEID aandag kry. ʼn Drastiese ommeswaai na ʼn gesonde LEEFSTYL is dalk my antwoord!

Om ʼn gesonde LEEFSTYL te hê, voel jy baie beter, ontdek jy dat jy baie meer energie het en dat jy beter slaap. ʼn Gesonde LEEFSTYL bring mee dat baie mense nie meer voorskrifmedisyne hoef te neem nie, en talle het verligting van hulle chroniese siektes.” (Die Daniël Plan: Rick Warren). Die senuwee sisteem is die een sisteem is wat ook dokters sukkel om te verstaan. Hoewel ek nie ʼn chroniese SIEKTE het nie, is daar dalk tog ʼn konneksie tussen die gesondheid van die bloed-, spier- en ander -sisteme, en die senusisteem nie?

Het God dan nie ons liggame geskep om in BALANS te wees nie? Ons is tog holisties geskape, en die een sisteem het ʼn invloed op die ander!

Maar kom ons kyk eers na al die areas van ons lewens en hoe ons dit in BALANS kan bring!

Wanneer God sy Gees in jou gee, word jou liggaam ʼn tempel van sy liefde. Jy is nie die eienaar van jou liggaam nie; jy is wel die versorger of die bestuurder van jou liggaam. Maak jy die beste gebruik van wat jy ontvang het?  Behandel jou liggaam soos God se tempel en behandel jou liggaam met die sorg wat Hy van jou vra.

Jy kan begin om gesond te eet as ʼn manier om goed te wees vir jouself en liefdevol vir jou liggaam te sorg. Maak dit jou doel om gesonde kos by jou dieet te voeg. Die wonder van kos wat jou GENEES en VOED, is dat jou liggaam en denke dan outomaties oorgaan in ʼn toestand waar jou drange vir ongesonde kos verdwyn en jy van nature LUS raak vir kos wat jou laat FLOREER en GOED LAAT VOEL!

Eet egte, onverwerkte kos – ʼn kleurvolle verskeidenheid wat jy self (of iemand vir jou) van onverwerkte bestanddele kan maak. As dit aan ʼn plant gegroei het, eet dit. As dit in ʼn fabriek gemaak is, los dit op die rak. Eenvoudige, vars kos wat maklik is om gaar te maak, kos wat van ʼn boer se landerye af kom. Hoender, groente, boontjies, neute, graan, vrugte, eiers. Alle ander kos uit fabrieke is nagemaakte kos wat jou energie tap en jou gesondheid benadeel. EGTE KOS GENEES.

Deur alles neer te skryf wat jy eet help jou om jou gewoontes te verander en te vervang.

Sê vir God dankie vir gesonde kos en jou liggaam.

Om te gaan stap en Bybel te lees soggens is nie ʼn ding wat jy moet doen nie, maar ʼn geleentheid wat jy kan “vasgryp” omdat dit jou weer jonk laat voel en genees.

Maak strekoefeninge deel van jou dag.

Skryf elke dag jou oefenprestasies en jou vordering neer. As jou liggaam beweeg, is dit reeds ʼn oorwinning.

Wanneer jy vandag oefen, haal diep asem en sê vir God dankie vir die baie seëninge wat Hy vir jou gegee het. Geniet jou interaksie met Hom. (Daniel plan: Rick Warren)

BOU AAN JOU VRIENDSKAPPE. Ek glo dat ‘n mens jouself moet verbind (“commit”) aan dit. Mens moet as’t ware ʼn “little black book” hê waarin jy al jou vriende se name in kan neerskryf, en jy moet elke nou en dan die GEE gesindheid inneem en hulle skakel, ʼn gee sonder om iets terug te verwag. So werk jy aan jou vriendskappe! Jy gee van jouself, jou TYD. (Maar jy moet jou ook maar verbeel jy ry in ʼn trein, sommige vriende klim net vir ʼn dag op die trein, of selfs net vir ʼn aand en klim dan weer af, ander bly vir ʼn tydjie langer voor hulle afklim, en dan is daar ander wat vir altyd op jou trein bly, soos die kondukteur, personeel van die trein. Hierdie is jou lewenslange vriende, as daar so iets is!)  Dis belangrik dat jy ander AANVAAR met hulle foute. Jy is ook nie volmaak nie. Gee iemand maar tog nog ʼn kans. En nog ene. As hy/sy jou weer teleurstel, draai jy weg en gaan soek ʼn ander vriend. En jy sal die nuwe vriend net kry as jy die oue los.) En onthou ook maar: Maak nuwe vriende, behou die oues. Die nuwes is silweres. Die oues goues! Soos genoem het ek geleer om AANDAG en TYD aan elke individu te gee soos JESUS SE VOORBEELD op aarde, en om dikwels uit te reik na ander om my wat hulp nodig het (veral die tye wanneer jyself ook hulp nodig het.) “I’M ALL YOURS!”

Mens moet leer om GOD SE KRAG in jou lewe te herken en gebruik, en om op sy krag staat te maak om blywende veranderinge te maak, nie op jou eie nie. “ALLES WAT JY DOEN, MOET JY OPDRA AAN DIE HERE, DAN SAL JOU PLANNE SLAAG” (Spr. 16:3). Geestelike gesondheid bied vir jou ʼn fondament waarop jy jou gewoontes en perspektiewe kan bou sodat jy in elke faset van jou lewe genesing kan vind

Om jou Bybel te lees is ook nie ʼn ding wat jy MOET doen nie, maar ook ʼn geleentheid vir jou omdat dit jou genees. (Daniel Plan: Rick Warren)

“SOEK EERS DIE KONINKRYK VAN GOD, EN AL HIERDIE DINGE SAL VIR JOU BYGEVOEG WORD”.

My altaar vir soggens se stiltetyd is dikwels net my bed waarin ek wakker word, in die enigste kamer in die huis waar die son inskyn, en soms is dit net die rustigheid in my motor as ek terugry van die skool af! Dit is ook belangrik dat jy geestelike voeding kry deur geestelike leesstof elke dag te probeer lees.

Published by Health & beauty

As former international Beauty and Spa therapist, Annien motivates and gives advise on body mind soul and spirit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: